Gerasperde Boerseep
Gerasperde Boerseep
In stock
Ons maak hierdie seep nogsteeds met beesvet, net soos ons ouma's dit gemaak het. En vir jou gerief, rasper ons dit sommer vir jou.
Gebruik 'n halwe koppievol as plaasvervanger vir waspoeier. Dis baie beter vir jou wasmasjien. Die suiwer seep maak geen aanpaksels nie want dit bevat geen vullers nie.
100% natuurlik en so kragtig dat dit vlekke laat verdwyn soos mis voor die môreson.
Boerseep met blousel maak witgoed witter as wit. Ons ouma's het 'n blokkie blousel in 'n kous gesit en dit in die afspoelwater laat week vir kraakvars witgoed. Ons sit dit sommer by die koekieseep.
Olie, gras, bloed, rooiwyn, beet, ghries, medisyne - noem maar op - Boerseep is vlekke se Moses! Geen kol is te hardnekkig vir Boerseep nie. Beter as enige oxy-what-what!
Ons ouma's het geweet!
*Die Boervrou se boerseep ruik heerlik - ons geur dit met natuurlike sitroengras vlugtige olie.