Die Boervrou
Egte Boerseep Gel
Egte Boerseep Gel
In stock
Couldn't load pickup availability
Boerseep-gel is boerseep se tweelingsuster - net in die vorm van ‘n gel. Soos haar suster is sy ‘n natuurlike, omgewingsvriendelike, veeldoelige reiniger. Sy is onder andere ‘n plaasvervanger vir waspoeier.
Maar haar talente is nie tot wasgoed beperk nie! Sy was ook graag vloere, teels en ander werksoppervlakke. Ewe tuis in die kombuis en badkamer. Jy kan selfs jou potte en panne daarmee was!
Boerseep-gel werk sagkens maar doeltreffend. Hardnekkige vlekke staan nie ‘n kans nie. Sy is enige kol se moses - gras, modder, olie, wyn, bloed en vet. En boerseepgel met blousel voeg die witter-as-wit by enige bondel wasgoed.
Sy hou ook jou wasmasjien skoon en vars. Dit bevat geen skadelike chemikalieë of bleikmiddels nie en is 100% bio-afbreekbaar. Geen aanpaksel op jou masjien se binnegoed nie.
EN hierdie boerseep-gel SKUIM HEERLIK (ons gebruik net natuurlike en onskadelike middels om die skuim te bewerkstellig - jy's veilig in Boervrou se hande)
*Die Boervrou se boerseepgel ruik heerlik - ons geur dit met natuurlike sitroengras vlugtige olie.
Share



Absolutely great. My daughter has lots of allergies and since using this soap I could cut down on all the medical bills as medical aid don't cover allergies
This product is excellent quality for your money! It’s keeps my whites sparkling and smells fantastic!
Delivery is service is also super fast and easy to order.
Love this product!!!
Ek is baie tevrede met produk.